’n Volle R100 000 by dinee ingesamel vir kinders van Kylemore
Burger (Kaap Platteland) Wednesday, 15 October 2008, p.5
Stellenbosch – Altesaam R100 000 is verlede Vrydagaand tydens ’n veiling by die Helshoogte pas ten bate van die trust Give Me a Chance ingesamel. Verskele bottels wyn, getekende boeke van die skrywer Etienne van Heerden en ’n WP-rugbytrui wat deur die span geteken is, is onder die items wat onder die hamer beland het.
Die veiling was deel van die jaarlikse gala-dinee waar ondersteuners en skenkers van die trust bedank work vir hul bydraes. Die trust is vier jaar gelede deur mnr. Delarey Brugman, eienaar van Alluvia, en sy vrou, Sandie, gestig met die doel om kinders in die Kylemore-omgewing net buite Stellenbosch geldelik te ondersteun.
Skekings word onder meer vir skoolgeld, boeke, skooluniforms, sportdrag en sporttoerusting gebruik. – Malani Venter
|